|
dinge loop klopdisselboom hier in klein engeland; buite wieg eike anglikaans in oranje poele clivias
die
dae verloop soos 'n novelle in sierskrif klokslag vieruur drink ons rinkelend tee en eet 'n beskuitjie. vistas van tennisbane,
watervore, rugbyvelde onderbenut ook 'n krieketpawiljoen
ons velle blosend van witbrood en heuning getoga
aas die masters aan komkommer- broodjies; hul gestelle delikaat
in die toilette kap die jongspan vlytig lyne
kokaïen om dié visioen sonder draadwerk deur te sien.
Melt Myburgh
|